Sinopsis
RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.
Episodios
-
Kenners antwoord luisteraarsvrae
27/06/2025 Duración: 16minNerina Visser, ETF strateeg en adviseur by etfSA en Rita Cool, hoof van individuele advies strategie by Alexforbes, beantwoord die vrae wat luisteraars sakke raak. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Proudly SA wil sy lede se produkte aanlyn verkoop
27/06/2025 Duración: 06minJeannine van Straaten, uitvoerende beampte vir strategie, belanghebberverhoudinge en regspraktyk by Proudly SA, gesels oor die regering se nuwe aanlyn platform. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Pas op vir hierdie nuwe QR-slenter
27/06/2025 Duración: 13minReana Steyn, hoofombud en uitvoerende hoof van die Nasionale Finansiële Ombudskema (NFO), waarsku teen ’n nuwe QR-slenter. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Markte hou van "slegte" nuus
27/06/2025 Duración: 11minNerina Visser, ETF-strateeg en -adviseur by etfSA, gesels oor die markte, Absa se handelsverklaring, en Lesaka Technologies wat Bank Zero oorneem. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 27 Junie 2025
27/06/2025 Duración: 50minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Is ekonomie ’n wetenskap of ’n geraaiery?
26/06/2025 Duración: 10minDie onafhanklike ekonoom, Ulrich Joubert, gesels oor sy agtergrond, loopbaan en die industrie waarin hy hom bevind. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Kan die konstruksiesektor R1 triljoen se infrastruktuur bou?
26/06/2025 Duración: 08minDr Roelof Botha gesels oor Afrimat se konstruksie-indeks. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Só kies die FSCA watter sake om te ondersoek
26/06/2025 Duración: 08minGerhard van Deventer, hoof van ondersoeke by die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA), gesels oor die sake wat hulle ondersoek. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die president steek ’n DA-adjunkminister in die pad. Wat nou?
26/06/2025 Duración: 07minDawie Boonzaaier, joernalis by Rapport, deel sy insigte oor Andrew Whitfield se afdanking. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Kommoditeite beur voort
26/06/2025 Duración: 11minDrikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft, gesls oor die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Donderdag 26 Junie 2025
26/06/2025 Duración: 50minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Meer mense begin met kripto vir wegneemetes betaal
25/06/2025 Duración: 07minChristo de Wit, hoof van Luno Suid-Afrika, gesels oor die gebruik van kripto om betalings te maak. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Hoe gemaak as daar “onbekende” debietorders van jou rekening afgaan?
25/06/2025 Duración: 07minLiesl Peyper, senior joernalis by Moneyweb, gesels oor onbekende debietorders. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die staat het nog nie 2.5 miljoen hektaar aan swart boere oorgedra nie
25/06/2025 Duración: 10minWandile Sihlobo, hooofekonoom van die Landbousakekamer van Suid-Afrika (Agbiz), deel sy insigte oor die vertraging in grondhervorming en hoe dit swart boere se deelname aan die landbousektor beïnvloed. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
TymeBank en Leon Schreiber pak mekaar oor verifikasie-tariewe
25/06/2025 Duración: 10minCoen Jonker, uitvoerende hoof van TymeBank, sê dit gaan nie oor winste nie, maar oor die ekonomiese werklikheid vir kliënte. Hy voeg by dat hulle saamstem dat die stelsel opgegradeer moet word, maar nie saamstem met die voorgestelde nuwe prys nie. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Staatseffekte beur tot sy beste vlak sedert 2022
25/06/2025 Duración: 06minJohan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, gesels oor die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Woensdag 25 Junie 2025
25/06/2025 Duración: 46minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Steenhuisen skrap omstrede kontrak vir graan-gradering
24/06/2025 Duración: 07minDr Tobias Doyer, uitvoerende hoof van Graan SA, gesels oor minister John Steenhuisen se besluit om Leaf Services se aanwysing as inspekteur van graan en graanprodukte te skrap. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Markte hoor nie (tans) die bomme in die Midde-Ooste nie
24/06/2025 Duración: 10minJac de Wet, welvaartbestuurder by PSG Wealth Somerset-Wes, gesels oor hoe die spanning in die Midde-Ooste beleggingsbesluite en die wêreldekonomie beïnvloed. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Siekverlof in staatsdiens spring ná grendeltyd
24/06/2025 Duración: 06minProf Hugo Pienaar, direkteur by Thomson Wilks Prokureurs, bespreek die Staatsdienskommissie se verslag oor die impak van hibridiese werkreëlings. Volg RSG Geldsake op Twitter