Rsg Geldsake Met Moneyweb

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 39:20:11
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.

Episodios

  • Kenners antwoord luisteraarsvrae

    06/06/2025 Duración: 21min

    JB Smith, besturende direkteur van Sequoia Capital en Elke Brink, direkteur by PSG Wealth R21, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Trump en Musk baklei. Wat beteken dit vir SA?

    06/06/2025 Duración: 07min

    Jan Vermeulen, redakteur van MyBroadband, praat oor die politieke en tegnologiese gevolge van die Trump-Musk-breuk, en waarom dit selfs vir Suid-Afrika relevant is. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Vier uit elke tien kry nou ‘n staatstoelaag

    06/06/2025 Duración: 08min

    Dr Christie Viljoen, senior ekonoom by PwC, gesels oor toelaes, waar ons tans staan en wat die toekoms moontlik inhou. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Die rand hou aan om veld te wen teen die dollar

    06/06/2025 Duración: 07min

    JB Smith, besturende direkteur van Sequoia Capital, bespreek die markte sowel as die finansiële resultate van Mr Price en die Foschini-groep. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 6 Junie 2025

    06/06/2025 Duración: 50min

    Tinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Beleggings is soos die Cape Epic: Dis lank, hard en jy moet op jou tande byt maar beslis die moeite werd

    05/06/2025 Duración: 09min

    Piet Viljoen, uitvoerende direkteur en portefeuljebestuurder by Merchant West Investments, gesels oor sy agtergrond, loopbaan, industrie, en wat hy doen om te ontspan. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Daar is beter opsies as om in kontant te belê

    05/06/2025 Duración: 07min

    HW de Jager, welvaartbestuurder by PSG Wealth, gesels oor goeie beleggingsopsies. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Tien mense reeds in die hof oor beweerde bedrog by ’n beleggingskema in Paternoster

    05/06/2025 Duración: 07min

    Netwerk24 het die afgelope paar dae berig oor beweerde bedrog by Paternoster Groepsbelange Beperk (PGB). Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital, deel sy insigte oor die maatskappy en die bewerings teen hulle. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Hoe raak ’n laer inflasieteiken jou sak?

    05/06/2025 Duración: 05min

    Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, verduidelik wat die voorgestelde verlaging van inflasieteikens kan behels. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • NGV kan SA R940 miljard per jaar kos. (Ja dis reg)

    05/06/2025 Duración: 08min

    Thoneshan Naidoo, uitvoerende hoof van die Gesondheidsbefondsersvereniging (HFA), bespreek hulle hofsaak teen die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV). Volg RSG Geldsake op Twitter

  • JSE: 100 000, hier kom ons

    05/06/2025 Duración: 06min

    Mia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, bespreek die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • RSG Geldsake met Moneyweb – Donderdag 5 Junie 2025

    05/06/2025 Duración: 49min

    Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Die Reserwebank appelleer teen hofuitspraak wat sê kripto is nie geld nie

    04/06/2025 Duración: 07min

    Hannes Wessels, hoof van Binance Suid-Afrika, bespreek die Reserwebank se appèl teen die hofuitspraak wat sê kripto is nie geld nie. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Tshwane-inwoners bevuil hulself oor die nuwe skoonmaakheffing

    04/06/2025 Duración: 08min

    Adv Stefanie Fick, uitvoerende hoof van verantwoordbaarheid by Outa, gesels oor die nuwe skoonmaakheffing. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Anthonie Bougas finaal gesekwestreer

    04/06/2025 Duración: 07min

    Liesl Peyper, senior joernalis by Moneyweb, verduidelik wat Anthonie Bougas se sekwestrasie beteken. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Dit is gevaarlik om jou eiers in dié sewe mandjies te sit

    04/06/2025 Duración: 10min

    Ninety One het vandag sy finansiële resultate vir die boekjaar tot einde Maart bekend gemaak. Die wesensverdienste per aandeel is ongeveer 7% hoër, en die totale bates onder bestuur het met 4% gestyg. Die uitvoerende hoof, Hendrik du Toit, bespreek die resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • JSE beur wéér tot ’n nuwe hoogtepunt

    04/06/2025 Duración: 08min

    Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, deel sy insigte oor die JSE se nuwe hoogtepunt en Spar se finansiële resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • RSG Geldsake met Moneyweb – Woensdag 4 Junie 2025

    04/06/2025 Duración: 47min

    Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Reuse Karan Beef-voerkraal deur bek-en-klouseer getref

    03/06/2025 Duración: 07min

    'Daar is 'n rimpeleffek in alle rigtings': Dr Dirk Verwoed – senior veearts, Karan Beef. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Gwede Mantashe vang die mynbedryf heeltemal onkant

    03/06/2025 Duración: 10min

    'Die departement het die bedryf verblind; dit is nie die regte manier om te begin nie': Peter Leon – mynboukenner, Herbert Smith Freehills Kramer. Volg RSG Geldsake op Twitter

página 1 de 8