Sinopsis
ToekomsVenster is daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVDs en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
Episodios
-
ToekomsVenster | Wees wakker, maar moenie in vrees leef nie
17/07/2026 Duración: 04minGelowiges moet die bose se werking nie ontken of oorbeklemtoon nie, want die kruis en opstanding het reeds die beslissende woord gespreek: Jesus het oorwin.
-
ToekomsVenster | Wanneer elke opsie verkeerd lyk
17/07/2026 Duración: 05minWanneer elke moontlike keuse na ʼn ramp lyk, kan God reeds besig wees om deur die mees onwaarskynlike pad ʼn uitkoms voor te berei.
-
ToekomsVenster | Die ‘selfs al’ -oomblikke van geloof
17/07/2026 Duración: 05minWare geloof glo nie net dat God jou uit die vuur kan red nie, maar vertrou dat Hy ook saam met jou in die vlamme sal wees.
-
ToekomsVenster | Begin help daar waar jy is
17/07/2026 Duración: 06minDie omvang van nood kan jou magteloos laat voel, maar jy hoef nie miljoene mense te help om ʼn verskil te maak nie: begin by die een mens voor jou.
-
ToekomsVenster | Leef ‘ja’ in ʼn ‘nee’-wêreld
17/07/2026 Duración: 04minGod roep jou om met vrymoedigheid, hoop en vreugde “ja” vir die lewe te sê.
-
ToekomsVenster | Elke nuwe dag dra God se genade
13/07/2026 Duración: 04minGister se mislukkings hoef nie vandag se vertrekpunt te wees nie: elke nuwe dag kom met nuwe hoop en die versekering dat God steeds op die troon is.
-
ToekomsVenster | Kies genade in ʼn genadelose wêreld
13/07/2026 Duración: 05minVrees laat ons maklik die kring kleiner trek, maar God roep sy kinders om juis in ʼn harde wêreld draers van genade, liefde en barmhartigheid te wees.
-
ToekomsVenster | Jesus bly ons enigste hoop
13/07/2026 Duración: 05minTeleurstelling kan jou geloof tot die uiterste beproef, maar selfs wanneer alles rondom jou die teendeel uitroep, bly Jesus ons enigste toevlug.
-
ToekomsVenster | Jy is die tempel van die Heilige Gees
13/07/2026 Duración: 05minDie kerk is meer as ʼn gebou en geloof meer as ʼn erediens: God woon in sy kinders en roep ons om elke dag onder leiding van sy Gees te leef.
-
ToekomsVenster | Ek is veerkragtig deur God se genade
13/07/2026 Duración: 04minSelfs wanneer jou omstandighede nog nie verander het nie, kan God die vlam van hoop weer in jou aansteek en jou help om op te staan.
-
ToekomsVenster | Die krag van een woord: Nogtans
06/07/2026 Duración: 06minDit is die dag waar jy verklaar: Ek sal U bly loof. Ek sal nie my geloofsvertroue prys gee nie.
-
ToekomsVenster | ‘U weet beter, Here’
06/07/2026 Duración: 05minVandag kyk jy weer op en ontdek dat God jou nog die hele tyd in sy hand vashou.
-
ToekomsVenster | Durf jy vandag die moeilike vrae vra?
06/07/2026 Duración: 05min“Waar was U?” “Waarom het dit met my gebeur?” “Wanneer is dit dan my beurt?” Die Bybel is voller van eerlike vrae as wat jy soms onthou. Vandag gee jy ook jou eie vrae ʼn stem.
-
ToekomsVenster | Vertel Hom alles, al weet Hy reeds
06/07/2026 Duración: 06minVandag hoef jy niks te versag of mooier te maak nie. Vertel God die hele storie, presies soos dit in jou hart leef, want dis waar herstel begin.
-
ToekomsVenster | Waar begin genesing?
06/07/2026 Duración: 05minVandag begin jy by die eerste tree na genesing.
-
ToekomsVenster | Die God wat met vuur antwoord
29/06/2026 Duración: 05minDaar is geen plaasvervanger vir die lewende God nie.
-
ToekomsVenster | Die heilige reg op ‘ek weet nie’
29/06/2026 Duración: 05minSoms is die heiligste antwoord wat ons kan gee, bloot om saam in die as te sit en te erken: Ek weet nie, maar God is hier.
-
ToekomsVenster | Wie is die ware seuns van Abraham?
29/06/2026 Duración: 05minHoe lyk hierdie roeping in die lewe van jou en my, as vandag se seuns en dogters van Abraham?
-
ToekomsVenster | Is jy bereid om ʼn voorbereider te wees?
29/06/2026 Duración: 04minWat vir God gedoen word, dra vrug – selfs geslagte hierna.
-
ToekomsVenster | Nog 'n moedskepsessie: Van die bedorwe seun tot die senior staatsman
29/06/2026 Duración: 04minSoms neem dit langer, soms gebeur dit gouer, maar God het jou nie vergeet nie.