Maroela-onderhoude

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 32:52:27
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.

Episodios

  • Organisasie wil veterane se menswaardigheid herstel

    03/11/2025 Duración: 13min

    Behoorlike behuising is ʼn uitdaging vir talle veterane en daarom het die VAF huise in Klerksdorp, Roodepoort en Krugersdorp waar veterane kan woon teen ʼn lae bedrag vir huur. Elizabeth Bouwer, stigter van die VAF, en voorsitter kol. Luke Enslin, het in Maroela Media se ateljee gesels. Maroela Media

  • Aitsa-toekennings kry nuwe baadjie

    29/10/2025 Duración: 07min

    Die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings is al die afgelope paar jaar ʼn hoogtepunt op die Afrikaanse musiekkalender. Maroela Media

  • Borrelende musikant Just Mia wil ‘vreugde wek’

    27/10/2025 Duración: 08min

    “Ek is nog altyd baie geseënd met ʼn vreugdevolle gesindheid. Almal ken my as ʼn gelukkige mens." Maroela Media

  • Gesin, geloof dra kankeroorwinnaar op genesingspad

    27/10/2025 Duración: 38min

    Toe Nicoleen Thirion (52) vyf jaar gelede met borskanker gediagnoseer is, het haar lewe vir ʼn oomblik byna stilgestaan. As iemand met geen ervaring van dié lewensveranderende siekte nie, het talle verdoemende scenario’s in haar kop begin afspeel. Sy het egter vinnig besluit om dit nie as ʼn doodsvonnis te beskou nie. Maroela Media

  • Amor Vittone terug agter mikrofoon

    21/10/2025 Duración: 23min

    “Ag, ek praat nie sommer meer oor dáárdie dae nie. Ek dink dis al lankal verby en mense het aanbeweeg. Ek kon gaan lê het, maar my wonde het my gemaak wie ek is. Vir my gaan my liedjie juis ook daaroor om te leer uit jou foute en jou lig helder te laat skyn.” Maroela Media

  • Harmonieuse duet ‘eerste van meer’ vir Andriëtte, Herman Kleinhans

    21/10/2025 Duración: 05min

    “Ek dink dit is die mooi ding van musiek: Elkeen kan ʼn ander betekenis in ʼn lied vind.” Maroela Media

  • Jong sangeres van Worcester wil skares met musiek inspireer

    17/10/2025 Duración: 07min

    “Ek verbaas myself steeds wanneer ek op televisie of in nuusberigte verskyn. Ek dink altyd: Sjoe, Melissa, jy het so ver gekom.” Maroela Media

  • Danny Smoke wys sy romantiese kant

    17/10/2025 Duración: 24min

    Terwyl Danny in ʼn klein vertrek in sy huis oor sy troudag geskryf het, het hy nie gedink dit sou soveel vreugde en emosies by ander getroude paartjies of aanstaandes op sosiale media ontketen nie. Maroela Media

  • Taai jaar vir Christia inspireer nuwe musiek

    17/10/2025 Duración: 15min

    “Ek is hierdie jaar deur baie dinge. Ek het my loopbaan weer aan die gang gekry en is deur ʼn egskeiding, so ek is nou meer as ooit vantevore dankbaar vir my sirkel van mense.” Maroela Media

  • Kwartmiljoen pakke sanitêre ware hou meisies in die klas

    15/10/2025 Duración: 22s

    Die HelpHetta-projek van Helpende Hand verhoed dat meisies tot 55 skooldae per jaar mis en verseker so toegang tot onderwys en drome wat bewaarheid word. Danelle du Plessis, projekorganiseerder van HelpHetta, verduidelik van die nuwe mikpunt vir HelpHetta wat jy kan ondersteun. Maroela Media

  • Geloof, verlies kerf Lucia se musikale pad

    07/10/2025 Duración: 23min

    “Dis wonderlik om te sien wat die Here in ʼn mens se lewe kan doen as jy totaal en al oorgee aan Hom.” Maroela Media

  • Kos, goeie eetgewoontes sleutel tot bloedsuikerbeheer

    03/10/2025 Duración: 14min

    In die laaste aflewering van Maroela Media se podsendingreeks oor diabetes, werp twee kenners lig op die impak van eetgewoontes op bloedsuikerbeheer. Maroela Media

  • Geloof dryf Len Muller se musiek

    02/10/2025 Duración: 13min

    “Ek maak musiek uit eie sak en hoop dat iemand iewers aanklank daarby sal vind en dat dit hulle nader aan di Maroela Media

  • Proteïenpoeiers: gesonde alternatief of geldmors?

    30/09/2025 Duración: 14min

    In die tweede episode van Maroela Media se proteïen-podsendingreeks delf ons dieper in die wêreld van proteïenpoeiers en gesels met Chanel Vogl, eienaar van Ovo Protein – ʼn unieke eierwitproteïenpoeier. Maroela Media

  • Onderwysers sê skooltas gee kinders hoop

    29/09/2025 Duración: 12min

    Elke kind verdien om die eerste dag van die skooljaar met trots te begin, en jy kan dit help moontlik maak. Juffrou Nita Gerber Heyns het die waarde van ʼn skooltas en skryfbehoeftes benadruk en wyse raad met ouers van kinders in die grondslagfase gedeel. Maroela Media

  • Armand Hofmeyr druk eie stempel af

    29/09/2025 Duración: 13min

    Pa en seun se musikale genres verskil hemelsbreed, maar albei probeer dieselfde ding deur hul musiek bereik: om Afrikaans as taal te bevorder. Maroela Media

  • Anthonie Bougas se ma vertel van aanvalle op gesin

    27/09/2025 Duración: 05min

    Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee. Maroela Media

  • GLP-1 – foefie of wondermiddel vir gewigsverlies?

    26/09/2025 Duración: 12min

    In Maroela Media se jongste episode in ons podsendingreeks oor diabetes, werp Chanelle Retief, ʼn dieetkundige, en dr. Marlé van der Merwe, ʼn algemene praktisyn, lig op wat presies GLP-1 is en hoe dit gebruik kan word. Maroela Media

  • Proteïene: Wondervoedingsmiddel of dieetfoefie?

    19/09/2025 Duración: 18min

    In die eerste episode gesels ons met Chanelle Retief, ʼn dieetkundige en eienaar van die dieetkundige praktyk NutriFundi, oor die boustene van proteïene en of dit werklik nodig is om in ál jou maaltye in te werk. Maroela Media

  • Marthlé se Kraak Beskuit verower harte, en joune kan ook

    18/09/2025 Duración: 13min

    Dié voormalige onderwyseres vertel hoe ʼn baksel beskuit haar lewe onherroeplik verander het en bewys het familie, tradisie en ʼn skeppende hand kan die resep vir sukses wees. Maroela Media

página 1 de 8