Radio Scriptura

Perspektief: Januarie 2025

Informações:

Sinopsis

Mag ons onder enige omstandighede iets vat wat nie aan ons behoort nie, en het grondonteiening sonder vergoeding 'n bybelse basis?  Wat is ons verantwoordelikheid as bewoners en rentmeesters van die aarde, en aan wie behoort dit alles? Tydens president Donald Trump se inhuldiging het die vroulike biskop, Mariann Budde, 'n teologiese oproep met 'n politieke ondertoon gedoen wat die WOKE beweging, bevrydingsteologie en feminisme duidelik ondersteun.  Kan emosionele drogredenasies die ongeregtighede van humanisme laat seëvier? Daar is parallelle lyne te trek tussen hierdie twee onderwerpe.  Wat is die kerk se sentrale taak teenoor regerings?  Wat staan mense te doen wat hulself in die spervuur bevind van onreg wat dreig om hul lewens te verwoes?  Herken ons die WOKE beweging se motiewe?